Loopbane in die “groen ekonomie” is werksgeleenthede wat te doen het met volhoubaarheid en die herstel van die omgewing.
Hierdie beroepe kan in die tradisionele sektors soos vervaardiging en konstruksie wees of in nuwe ontluikende groen sektors soos hernubare energie en energiedoeltreffendheid.
In sommige gevalle het dié werk nie 50 jaar gelede bestaan nie, terwyl ander lank reeds bestaan, maar daar is slegs onlangs eers op ’n groen, meer doeltreffende loopbaanongwikkeling gefokus ontwikkel. Hulpbron-doeltreffendheid verminder kweekhuisgasse en verleen dus herstelling aan die uitwerking van klimaatsverandering. Vir kleinsakeondernemings kan groen ekonomiese loopbane bydra tot die welstand van die omgewing, byvoorbeeld groen boumateriale of “skoon vervoer” soos elektriese motors – alhoewel hierdie groen uitsette (produkte en dienste) nie altyd gegrond is op die groen prosesse en tegnologie nie. ’n Goeie voorbeeld is die windturbines wat plaaslik in Atlantis vervaardig word. Staal word bymekaar gesweis om sodoende die windturbine te vorm. Sweiswerk bly ’n tegniese vaardigheid wat ’n vakman benodig om die taak te voltooi.
Verdere groeiende groen ekonomiese loopbane is onder meer groen bouers wat gebruik maak van ekologies-vriendelike materiale of selfs herwinbare materiale in die bou- en konstruksiebedryf.
Groenboordjie-loopbane sowel as – werke word onderskei deur hul bydrae tot meer omgewingsvriendelike prosesse of meer hulpbron-effektiewe maniere van dinge doen.
Byvoorbeeld, groen werke kan water- en elektrisiteitsverbruik verminder, asook die herwinningsproses verbeter. Verskillende loopbaanrigtings in verskillende sektore sluit in die installering van sonpanele, sonpaneel-tegnici, energiedoeltreffendheids-ouditeur, afvalstof-fabrieksbestuurder of selfs ’n professionele ontwerper wat op groen produkte fokus.
Plaaslike kolleges en universiteite bied kursusse aan wat die jeug gereed maak vir die wêreldwye groen ekonomie.

