Terwyl sommige inwoners in Atlantis steeds dink die gevreesde Covid-19-virus sal hulle nie raak nie, is die eerste positiewe gevalle dié week bevestig. 

Twee werkernemers van ‘n kettingwinkel by die Bayside-sentrum in Table View, waar ’n bestuurder positief getoets is vir die virus, het aan Weskus Nuus bevestig hulle uitslae is ook positief. 

Werkers by die kettingwinkel is Dinsdag 14 April huis toe gestuur nadat die bestuurder positief getoets is. Volgens ‘n 32-jarige vrou het sy en drie ander Donderdag 16 April gegaan vir hul toetse by Wesfleur-hospitaal en het gister (Maandag) hul uitslae ontvang. Almal positief.

Volgens die werknemers het die kettingwinkel die dag almal aan hul eie genade oorgelaat het, en hulle moes almal met publieke vervoer huis toe gaan en kon hulle ander mense ook aangesteek het. 

Dié vroue meen ook daar gaan meer gevalle kop uitsteek. Weskus Nuus het vertroulik verneem dat meer as 30 werkers reeds by die hospitaal getoets is en wag nog op hul uitslae. 

Volgens Natalie Watlington, woordvoerder van die departement van gesondheid, is dit belangrik dat inwoners slegs die hospitaal besoek indien dit ernstig is.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article