Met ’n Suid Afrikaanse rekord 29 jaar gelede was Weskus Nuus daar om die geleentheid met Atlantis en omliggende gebiede te deel.
Berzelia Primêr se Denise Martin was dié jaar die nuwe rekordhouer vir die Suid- Afrikaanse hoogspring meisies o.14.
Dié beskeie atleet het die rekord verbeter tydens ’n skole-prestigebyeenkoms op die UWK-atletiekbaan met ’n hoogte van 1.51 m – ’n hele 14 cm beter as die vorige rekord. Dit is die resultaat van doelgerigtheid het haar afrigter J. May destyds aan Weskus Nuus vertel.
Die destydse hoof, mnr. Lesh, het gesê dit is ’n vroeë geskenk aan die skool wat die volgende jaar sy 10de verjaarsdag sou vier.


