Mamre-gholfklub het die Rival-beker suksesvol by die Vredenburg-gholfbaan verdedig. Foto: Verskaf


Mamre se gholfspan het sy Rivalbeker suksesvol verdedig tydens die jaarlikse gholfkompetisie tussen die spanne van Mamre, Darling, Atlantis en Morning Star in Durbanville.

Dié toernooi het Donderdag 24 September by die Vredenburg-gholfbaan plaasgevind.

Mamre het na die eerste ronde met die beslissing van die beterbalkom­petisie die voortou geneem met 4.5 punte (vier wedstryde gewen, een gehalveer en een verloor), gevolg deur Darling met vier punte, Morning Star met drie punte en Atlantis met 0.5 punte.

Die enkelspelwedstryde het later begin as die beplande tyd en dit het meege­bring dat die wedstryde gestaak moes word toe dit te donker raak om verder te speel. Die verdedigende kampioen het in daardie stadium reeds 22.5 punte opgestapel en slegs 2 punte benodig om weer as wenners gekroon te word. Met wedstryde nog aan die gang, is spel weens swak lig gestaak en die verdedigende kampioen is weer as wenner aangewys.

Uitblinkers op die dag se spel was Des November, Pine Pienaar, Nicky Arendse, Liam Adonis, Niquinn Arendse en Quewin Botha. Laasgenoemde drie is almal juniors wat in die SA ontwikkelingsprogram kompeteer.

Die wedstryde wat veronderstel was om 07:30 af te skop, het eers 08:30 begin.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article