Werkers by Wesfleur-hospitaal vra dat die regering sy beloftes moet nakom. Foto: Murphy Roberts


Gesondheidswerkers by Wesfleur-hospi­taal het Woensdag 7 Oktober tydens middagete aan ’n betoging deelgeneem om Cosatu en ander vakbonde te steun tydens die nasionale staking wat tans aan die gang is.

Werkers vra dat die regering sy belofte gestand moet hou om ’n risiko­toelaag in te stel en die salarisver­ho­gings wat in 2018 ooreengekom is, na te kom.

Werkers is ook bekommerd omdat daar nie voldoende beskerming vir hulle teen Covid-19 is nie. Bekommerde verpleegsters en gesondheidswerkers het aan Weskus Nuus gesê “gedurende die pandemie is baie van ons kollegas dood en ons kan dalk volgende wees”.

“Al wat ons vra, is dat die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, ’n aansporingtoelaag vir gesondheids­werkers moet oorweeg wanneer hy met die vakbonde vergader.”

Die lede het weer na hul werk teruggekeer toe hul etenstyd verstryk het.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article