Die Atlantis-gemeenskapspolisiëringsforum se beplande jaarvergadering wat Woensdag 11 November sou plaasvind, is uitgestel glo weens ’n tekort aan belangstelling.
Sakeforums, organisasies sonder winsbejag, geloofsgegronde- en gemeenskapsorganisasies en verteenwoordigers van skole is almal baie welkom om die vergaderings by te woon. ’n Nuwe datum sal binnekort aangekondig word. Vir nog inligting, bel Veronica Daniels 073 641 0050.




