Die voorsitter van ‘n plaaslike organisasies, SARCO, is Donderdag deur die Valke in hegtenis geneem.

Reuben Swartz word aangekla van geldwassery en bedorg nadat hy vermoedelik geld van die Covid-19-Tersfonds ontvang het. Weskus Nuus het vroeër vandeesmaand berig oor die 36 werkers namens wie SARCO glo geld van die noodfonds ontvang het, maar wat nog nooit van die maatskappy gehoor het nie.

Sedertdien het nog “spookwerkers” na vore gekom.

Volgens Zinzi Hanie van die Valke, ondersoek dié eenheid tans klagtes van bedrog en geldwassery teen Swartz en die organisasie.

Swartz is Donderdag deur die eenheid by sy werkplek in hegtenis geneem en daar is op verskeie dokumente en persoonlike eiendom beslag gelê.

Hy sal Maandag 14 Desember in die Atlantis-hof verskyn op twee klagte van bedrog en twee klagte van geld wassery.

Intussen sê SARCO se sogenaamde werkers hulle sit in sak en as nadat hulle hul werk verloor het en nou nie aansoek kan doen vir  werkloosheidsversekering nie omdat hulle glo as werkers van SARCO geregistreer is.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article