Ruben Swartz word deur die Valke weggelei.Foto:


Die voorsitter van SARCO, wat glo duisende rande namens plaaslike spookwerkers geëis het, het gister (Maandag) in die hof op aanklag van bedrog verskyn.

Met Kersfees op hande en niks om op die tafel te sit nie, sit Anthea Ahbew met haar hande in die hare.

“Ek het aansoek vir my werkloosheidsversekering gedoen nadat my kontrak by die Stad Kaapstad beëindig is, maar toe moet ek hoor ek kwalifiseer nie,” vertel sy.

Volgens Ahbew (47) het amptenare van die department van arbeid haar ingelig sy is in diens van SARCO.

“Ek het my boeglam geskrik omdat ek nog nooit van SARCO gehoor het nie,” vertel sy.

SARCO, ’n gemeenskapsorganisasie, het bykans R300 000 van die department van arbeid ontvang nadat hulle by die Covid-19-ters-fonds geld vir 36 “werkers” geëis het. Weskus Nuus het met verskeie van dié “werkers” kontak gemaak, maar nie een het ’n sent van dié geld ontvang wat in hul naam geëis is nie.

“Ek het navrae gedoen oor wie en waar die mense van SARCO is en het by Theunis Mack geëindig,” verduidelik Ahbew. Volgens Mack, ’n voormalige bestuurslid van SARCO, het hy onmiddellik die bestuur gekontak en ’n vergadering met die voorsitter, Ruben Swartz, belê om agter die kap van die byl te kom.

Mack het dié vergadering opgeneem waar Swartz onthullings aan die onwetende bestuurslede gemaak het oor die tersgeld wat geëis is. In dié opname sê Swartz aan die bestuur hy het nuwe bande vir sy motor gekoop en hy sal besluit hoe die res van die geld aangewend sal word.

Volgens ’n bankstaat van SARCO in Weskus Nuus se besit, het Swartz klanktoerusting, vleis en duur skoene gekoop en ook daagliks duisende rande onttrek. Ahbew beweer Swartz het haar R5 000 aangebied om stil te bly: “Ek het geweier. Ek het verduidelik ek wil nie sy geld hê nie, maar ek soek net my werkloosheidsversekeringsgeld waarop ek geregtig is.”

Volgens Zinzi Hanie van die Valke ondersoek dié eenheid klagtes van bedrog en geldwassery teen Swartz én die organisasie.

Swartz is Donderdag deur die eenheid by sy werkplek in hegtenis geneem. Daar is ook op verskeie dokumente en persoonlike eiendom beslag gelê. Hy het Maandag (14 Desember) in die hof verskyn en die saak is tot Vrydag (18 Des.) uitgestel.

Volgens ’n bron na aan die ondersoek kan nog inhegtenisnemings binnekort volg.

Die Valke doen ’n besoek op die 36 persone om die ondersoekbeampte Kol. Enus te kontak by 082 469 2577. Vir ’n volledige lys van die name, besoek www.fb.com/Weskusnuus.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article