Die Atlantis-sokkervereniging het Maandag 8 Februarie met die bestuur van SAFA Wes-Kaap vergader.
Die vergadering volg nadat plaaslike klubs wou weet wat die riglyne vir plaaslike sokker is.
Klubs is ongelukkig omdat geen oefengeriewe tans beskikbaar is nie.
Die ABC-Motshepe-liga moet ook teen Junie klaar wees, en dit maak klubs nog meer krapperig oor wat die formaat van die kompetisie gaan wees.



