Graad R-leerders van Kerria Primêr het pligsgetrou by die Covid-regulasies gehou.


Die nuwe skooljaar het Maandag 15 Februarie ná ’n vakansie van 10 weke uiteindelik begin.

Volgens Evan Marthinus, voorsitter van die plaaslike vereniging van skoolhoofde, bly veilige afstand ’n uitdaging vir skole. Volgens Marthinus kan dit ’n moeilike skooljaar word, omdat baie leerders net twee dae skool toe gaan en leerders kan dalk vergeet wat hulle geleer het. Hy sê omdat leerders so min by die skool en meer by die huis is, skep dit probleme omdat kinders die strate in vaar.

Met Weskus Nuus se besoek aan verskillende skole in Atlantis was daar op die eerste dag geen trane nie.

Leerders wat by Kerria Primêr vir die eerste keer skool toe is, was opgewonde oor hul eerste dag daar en het pligsgetrou by die Covid-19-regulasies gehou.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article