Of dit pickled fish, kerrievis of ingelegde vis genoem word – die feit is dit bly gewild, veral in Paastyd. Met kerrievis, soos dit in die Weskus genoem word, is nooit gewag tot Paasfees nie, maar is dit enige tyd bedien as vis volop was. Pickled fish- speserye is vir my belangrik om ’n lekker eindproduk te kry en ek laat die vis altyd ’n dag of twee langer in die yskas staan vir daai ekstra “byt”. Ek koop speserye graag by Atlantis Booksellers.

Bestanddele:

3 kg vis van jou keuse

750 ml asyn,

400 g suiker

4 of meer groot uie gekap

Koekmeel

Mielieblom om by sous te meng

1 pakkie Pickled fish spice/ekstra lourierblare (bay leaves) en peperkorrels is altyd welkom.. Speserye en ander bestanddele kan vermeerder word nagelang van hoeveel vis jy gaan inlê.

Metode:

Droog vis af met kombuispapier en geur met sout en peper; dit kan ook met vismassala af gewissel word.

Rol in koekmeel.

Braai in vlak olie; matige warm olie, tot gaar. Braai sowat 4 minute aan elke kant.

Hou ’n bietjie asyn eenkant om mielieblom mee aan te maak.

Gooi die res van die bestanddele, behalwe die mielieblom, in ’n kastrol. Verhit tot kookpunt en kook vir ’n kwartier met die deksel op.

Maak mielieblom met ’n bietjie asyn aan tot ’n gladde mengsel en roer by die kerriesous. Kook ’n paar minute tot dik en gaar.

Pak die vis in lae in bak.

Gooi sous oor elke laag en laat vir twee tot drie dae in die yskas staan.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article