Murphy Roberts van Weskus Nuus, sê daar moet van voor gelei word om die verspreiding te help keer.


Terwyl die derde vlaag die land tans hard tref, meld al meer en meer plaaslike mense aan om die Covid-19-entstof te ontvang.

Met byna 3 000 mense wat reeds ingeënt is in Atlantis, Mamre, Pella en omliggende gebiede, is baie inwoners opgewonde oor hul inenting.

Pella is veral swaar getref toe meer as 40 inwoners onlangs getoets is en die meeste positief was, vertel raadslid Fiona Abrahams, ’n inwoner. Verskeie leiersfigure het ook die stryd teen die virus verloor, wat glad nie aangenaam is nie, vertel Abrahams.

Hierdie Weskus Nuus-verslaggewer het ook gegaan vir sy “jab”. “Inwoners moet van voor af gelei word om die verspreiding van die virus te help keer.”

Alan Winde, die Wes-Kaapse premier, het verlede week bevestig die provinsie is in die greep van die derde golf met ’n gemiddeld van 1 969 nuwe gevalle wat daagliks aangemeld word.

Die reproduksie-syfer die afgelope maand is tans 1,2 – dit beteken elke 10 positiewe Covid-19 gevalle lei tot 12 nuwe infeksies.

Winde maan inwoners om streng by die Covid-19-maatreëls te hou.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article