Gordon Green (68), wat ook onlangs in die hospitaal gesterf het, saam met sy vrou, Susan (66), wat op die toneel aan rookinaseming gesterf het.


“Politici het soos aasvoëls op ons toegesak met die wonderlikste beloftes van hoe hulle ons uit die as gaan help opstaan. Nou kom niemand terug om hul beloftes te eerbiedig nie.”

Só vertel die Solomons-gesin kwaad.

“Dit is nou reeds ’n maand later. Baie beloftes is aan die familie gemaak, maar ons sukkel steeds om die huis te herstel,” vertel Lizel Solomons, die jongste.

Die familie het alles Vrydag 4 Junie in die vroeë oggendure verloor. Behalwe al hul besittings, het die familie ook vier familielede in die tragedie verloor nadat hul pa, Gordon Green (68), ook onlangs in die hospitaal dood is.

Shanique Green (20), haar ouma Susan Green (66) en oom David Green (42) is op die toneel dood toe hulle vermoedelik deur die digte rook oorval is. Shanique het as ’n held gesterf nadat sy eers seker gemaak haar ses maande oue baba is veilig. Digte rook het haar blykbaar oorval toe sy haar ouma en bedlêende oupa wou gaan red, vertel die familie.

“Die oorsaak van die brand is steeds onbekend, maar wat ons wel weet is dat dit beurtkrag tussen 02:00 en 04:00 was,” sê sy.

“Die elektrisiteit het wel later aangegaan, maar toe weer af totdat die brand net voor 04:00 uitgebreek het,” sê Lizel. Sy sê kort ná haar onderhoud met Weskus Nuus het Moosa Raise, die proporsionele raadslid vir die gebied, met werkers van Swartland Investments opmetings by die huis kom doen.

Volgens Raise het hy met verskeie sakeondernemings gepraat en Swartland het beloof om deurrame en deure te voorsien.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article