Dit was goeie nuus vir die drank- en ontspanningsbedryf.

President Cyril Ramaphosa het tydens sy “familievergadering” Sondagaand 25 Julie aangekondig dat danksy die afname in infeksies kan beperkings effens verslap word, daarom het die kabinet besluit dat die land beweeg van aangepaste vlak 4 na aangepaste vlak 3 vanaf Sondagaand.

Die president sê ook daar moet nou meer as ooit gehoor gegee word aan basiese voorsorgmaatreëls. Binnenshuise byeenkomste in plekke met swak ventilasie is die grootste oorsake van die verspreiding van die virus het Ramaphosa gesê. Die aangepaste vlak 3 beteken: . Die aandklokreël geld van 22:00 tot 04:00.. Kerklike, kulturele en sosiale byeenkomste word toegelaat, maar beperk tot 100 mense buite en 50 binne. Waar lokale minder as 100 mense kan huisves, mag niks meer as 50% van ’n lokaal gevul word nie. Dit geld ook teaters, restaurante, kroeë en tavernes.. Skole het Maandag 26 Julie heropen met streng maatstawwe om leerders en onderwysers teen die virus te beskerm.. Drankwinkels mag drank tussen 10:00 en 18:00 van Maandae tot Donderdae verkoop.. Nie-essensiële instellings soos restaurante, gimnasium en kroeë mag oop wees, maar moet 21:00 sluit sodat werknemers betyds tuis kan kom.. Bywoning by begrafnisse en verassings mag nie 50 oorskry nie. Nagwake is steeds verbode.. Drank mag in restaurante en kroeë per lisensievoorwaardes tot 20:00 verkoop word.. Reise tussen alle provinsies vir ontspanningsdoeleindes mag hervat word.. Maskers moet steeds te alle tye in die openbaar en in openbare en sakegeboue gedra word.. Eienaars en bestuurders van openbare en handelsgeboue, busse en taxi’s moet toesien dat mense hul masker dra en sorg dat die nodige sosiale afstande gehandhaaf word.. Dis ’n strafregtelike oortreding om die maksimum getal besoekers in ’n gebou te oorskry.. Werkloses wat geen inkomste het nie kan weer vanaf Augustus aansoek vir die R350 doen.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article