Verslawing in die huishouding kan dikwels tot ’n ongesonde klimaat lei omdat daar druk op gesinslede geplaas word om aan te pas by die verslaafde se gedrag.

Familielede voel dalk dat dit is nodig om die persoon wat verslaaf is te beskerm anders gaan hul die persoon verloor of iets verskriklik sal met hulle gebeur, soos dat hulle tronk toe gaan, hulle hul werk verloor, op die straat beland of selfs doodgaan.

Familielede is ook geneig om te dink dat om die lede te beskerm, dit ’n teken van ware liefde is – hoe kan ’n mens dan nie jou man of kind of suster bystaan nie?

Die werklikheid is egter dat almal die reg het om ’n streep te trek as hulle hul grense oorskry.

Almal het die reg om hul eie persoon te wees en met respek en waardigheid behandel te word.

Onthou dat grense nie net belangrik is om jou te beskerm nie, maar dit laat ook ander toe om hul eie besluite te neem en sodoende verantwoordelikheid te aanvaar vir hul gedrag.

Dit kan wel baie moeilik wees om terug te staan wanneer jy kan sien hoe jou geliefde gaan seerkry, maar dis belangrik dat hulle ’n gevoel van verantwoordelikheid teenoor hulself en ander moet begin ontwikkel.

Wat tog kan help om jou vrese te hanteer, is om te begin besef dat jy nie jou geliefde se gedrag kan beheer nie, dat jy nie die verslawing veroorsaak het nie en dat jy nie die verslawing kan genees nie.

Om iemand se gedrag te probeer beheer, sal jou net uitput en om heeltyd te wroeg met ’n klomp skuldgevoelens oor wat jy moontlik verkeerd gedoen het as ouer of eggenoot sal net veroorsaak dat jy stagneer.

Sodra jy begin om op jou eie gevoelens en behoeftes te fokus, kan die persoon op sy of haar energie begin fokus eerder as om jou die heeltyd te weerstaan.

. Vir verdere inligting oor verslawing, kontak Cape Town Drug Counselling Centre op 021 571 7180 of besoek die kantoor in Wesfleursirkel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article