Nico Wagenstroom met groente uit sy tuin wat nou aan ouer mense geskenk word.


“Tuinmaak was vir my ’n stokperdjie en ’n lekker tydverdryf.”

Só vertel Nico Wagenstroom van Saxonsea. Dié kranige tuinmaker vertel sy groentetuin voorsien nou groente aan behoeftiges.

Volgens Nico is sy tuin geïnspireer deur Atlantis Rotariërs wat ook die plantjies en mis verskaf het. Nico vertel: “Ek plant verskillende groente en kruie en geniet dit geweldig baie.”

Volgens Nico is sy agterplaas nie baie groot nie, maar maak hy die beste van dié situasie. Die glimlag op die bejaardes se gesigte toe ek die groente oorhandig, sal my nog lank bybly en motiveer my steeds elke dag om my tuin groter te maak sodat ek meer mense kan help.”

Volgens Danny Pietersen, president van Atlantis Rotariërs is dit beslis ’n stap in die regte rigting en wil hulle meer mense betrokke kry wat graag groentetuine tuis wil aanlê. Volgens Pietersen het hulle reeds die plan by verskillende skole in Atlantis bekendgestel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article