Nora Grose verlaat die Atlantis-hof ná een van haar verskynings. Sy vra nou die direkteur van openbare vervolging om die saak teen haar terug te trek.


Nora Grose, die wyksraadslid vir wyk 23 (Melkbosstrand-omgewing) en tans voorsitter van Subraad 1, het goeie werk gedoen en besluit om eerder aansoek te doen as proporsionele raadslid.

Dit volgens Emma Powell, politieke hoof van die DA in die gebied, en voeg by “sy is in verskeie leiersposisies betrokke en dit vereis te veel van haar tyd.”

Grose, wat in ’n hofstryd gewikkel is op aanklag van bedrog en geldwassery, se naam is sewentiende op die DA se PR-lys. Grose en Reuben Swartz, voorsitter van die South African Religious Civic Organisation (Sarco), het op 30 Augustus in die Bellville-handelshof verskyn. Hul saak is tot 29 September uitgestel sodat hulle vertoë aan die direkteur van openbare vervolging kan rig.

Hulle vra die staat moet sy saak teen hulle terugtrek. Swartz word daarvan verdink dat hy spookwerkers by die departement van arbeid geregistreer en TERS-geld geëis het. Hy het onlangs in ’n Engelse dagblad sy onskuld beklemtoon en blameer die boekhouer wat die aansoek gedoen het.

Die eise is egter in die rekening van Sarco betaal en verskeie persoonlike aankope is volgens die bankstate gedoen.

Grose het glo Swartz op verskeie politieke platforms as ’n aspirante raadslid voorgestel voordat die TERS-voorval onthul is.

Grose is aangekeer nadat sy opdrag gegee het dat fondse vir verligtings-kospakkies wat aan Sarco oorbetaal is aan die Life Changers-kerk in Tableview oorbetaal word. Die kerk het intussen bevestig hulle het nooit kospakkies vir wyk 23 uitgedeel nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article