Elvino Schippers (CCC): “Persoonlik het ek nog nooit gesien dat ’n raadslid die ekstra moeite doen om ons gemeenskappe te dien nie, en ek wil dié rol vervul.” Foto:


Met die aanloop tot die plaaslike verkiesing op 1 November sê kandidate die tyd is nou reg vir verandering in Atlantis en die groter Kaapse metropool.

Kandidate van verskillende politieke partye in die twee plaaslike wyke sê die huidige raadslede is uit voeling met die gemeenskap en moet vervang word.

Met 14 kandidate in die twee wyke het Weskus Nuus voelers uitgesteek om te hoor wat hulle vir verandering beplan. Elvino Schippers van Mamre, die kandidaat vir die Cape Coloured Congress in wyk 29, sê: “Al wat ek wil hê, is gelykheid op alle aspekte in ons gemeenskappe en ek wil waarde tot my gemeenskap se lewe voeg, want dit kom ons toe.”

Adrian Jonker, ook van Mamre en die kandidaat vir Good, sê gemeenskappe verdien baie beter en hy sal dienslewering verskerp. “Ek wil ook graag sien dat kleiner sakeondernemings vinniger groei.”

Theunis Mack, kandidaat in wyk 32 vir die Patriotic Alliance, sê die haglike omstandighede waaronder mense hier woon, is iets wat daadwerklik aangedurf moet word.

Mack, wat by die hospitaal werk, sê hy is reg om sy gemeenskap te dien.

Terence Thielman van die Khoisan Kingdom RSA in wyk 29 sê hy werk al 31 jaar in die gemeenskap en met sy wye kennis van verskillende aspekte is hy gereed om sy gemeenskap te dien.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article