Beaconhill FC is die Hope for Youth Crime Prevention-sokkerliga se top-8-sokkerkampioen. Foto: Verskaf


Die Hope for Youth Crime Prevention-sokkerliga se top-8-sokkertoernooi is Saterdag 2 Oktober beslis en is deur Beaconhill FC gewen. Die rooi span het sy teenstanders, Courtchester FC, met 2-1 in die eindstryd wat enige span kon wen, getroef.

Die bronsmedalje-wedstryd tussen Classic FC en J&B FC moes met skoppe beslis word en Classic was 5-4 baas. Die sokkerliga is in die inperking gestig om jong mense uit die state te hou en lok naweke talle toeskouers. Al staan die doelhokke skeef en krom, trakteer die spanne steeds ondersteuners oor naweke met vermaaklike sokker.

Volgens die organiseerders het dit in die begin sukkel-sukkel gegaan, maar almal is nou gewoond aan die stof en dit kry nie die spelers of toeskouers onder nie en hulle stroom steeds na die veld in Sherwoodpark.

Die liga word Saterdae en Sondae gespeel en die organiseerders glo hulle sal uiteindelik erkenning van owerhede kry, maar intussen speel hulle dat die stof staan.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article