Reënweer en winderige koue het nie kiesers van Atlantis voorverlede Maandag (1 November) gekeer om hul stem te laat hoor nie.

Die DA het weer skoonskip in die plaaslike verkiesing gemaak en Allister Lightburn (wyk 29) en Raise Moosa (wyk 32) is die twee nuwe wyksraadslede vir die gebied. Dié twee kandidate het ten spyte dat die DA baie stemme verloor het, steeds oortuigend die meeste van die stemme gekry.

Die DA het ook sy mag oor die Stad Kaapstad behou. Die opkoms van kiesers was egter teleurstellend. In wyk 32 het slegs 7 730 (40,19%) van die 19 232 geregistreerde kiesers hul kruisie getrek. In wyk 29 was dit beter en 7 904 van die 16 378 geregistreerde kiesers (48.26%) het hul stem laat hoor. Die ANC het die tweede meeste stemme gekry en die nuweling in politiek, die Cape Coloured Congress (CCC), het ook sy merk gemaak. Dié party, wat met geen begroting tot die stryd toegetree het, het egter met ’n aggressiewe veldtog die derde meeste stemme in die gebied ingevorder. Die party het egter geen wyk in die groter metro gewen nie, maar het sewe proporsionele setels in die raad gewen. Verskeie kandidate glo met ’n groter opkoms kon die skaal in enige rigting geswaai het, maar baie kiesers oor Suid-Afrika heen het egter besluit om eerder onder die komberse te bly.

*Uitslae vanaf OVK (10 Nov. 2021)

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article