Ouma Nellie, soos sy alombekend is, staan elke oggend douvoordag op om pap vir meer as 60 kinders in haar gemeenskap te maak. Foto: Verskaf


Sy staan elke oggend douvoordag op om kinders se magies te vul, maar sy doen dit vir haar liefde vir kinders.

Die byna 80-jarige Nella Bailey, beter bekend as Ouma Nellie, kook nou al twee jaar kos vir kleintjies in haar gemeenskap.

Volgens Chanre van der Merwe, wat Ouma Nellie help, het hulle in die tweede week van die Covid-inperking die nood raakgesien en dadelik ingespring om dit te help verlig.

Die kookspan was almal werkloos en Ouma Nellie was die enigste een met ’n inkomste – haar pensioen.

“Ons het Melanie Farao van Game Changers ontmoet, wat ons van die nodige produkte voorsien het om die sopkombuis aan die gang te kry,” vertel Chanre.

Ouma Nellie het aangebied om die kookwerk te doen.

“Hoe langer ons in die inperking was, hoe moeiliker het dit vir ons geraak omdat verskaffers self ook begin swaarkry het,” vertel sy.

Sy onthou dit was toe hulle Sarah Salie, van die Ext 12-sopkombuis, en Danie Pietersen van die Rotariërs Atlantis ontmoet het, “en daar was weer hoop vir die kinders”, vertel sy.

Ouma Nellie kook elke oggend pap vir 60 kinders en ander bloot omdat sy ’n liefde vir kinders het en dit nie kan hanteer om kinders honger te sien nie.

Volgens Chanre wou hulle al die sopkombuis se deure sluit, maar Ouma Nellie wil niks weet nie en sê sy sal eerder haar skraps pensioen gebruik om die kinders se magies te vul. Ouma Nellie, wat volgende jaar 80 word, se bakbrood is baie geliefd onder die kinders en sy verskaf dit met liefde.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article