Matrikulante van Saxon Sea Sekondêr het weer eens bewys die Covid-pandemie kon hulle nie onderkry. Hulle het die beste van skole in Atlantis gevaar. Foto: Murphy Roberts


Saxon Sea Sekondêr het met die 2021-matriekuitslae, wat Vrydag (21 Januarie) bekend gemaak is, weer bo die res uitgetroon.

Die skool het nou die sewende agtervolgende jaar die beste slaagsyfer van die vier skole in die gebied.

Saxon Sea, met sy 89,6%-slaagsyfer, het weer eens Robinvale (85,2%) as die voorste skool uitgestof terwyl Proteus (71,3%) en Atlantis Sekondêr (71%) kop aan kop in die oorblywende twee plekke geëindig het.

Proteus het egter ten spyte van sy derde plek Atlantis se slimste matrikulant opgelewer – Shanique Rajal het ’n 83% gemiddelde behaal.

Leerders het gesê ten spyte van die uitdagings wat met die pandemie gepaard gaan, het hul opvoeders altyd die ekstra myl met matrikulante geloop.

“Ons het nooit die pandemie as verskoning gebruik om nie ons beste te gee nie,” het van die matrikulante gesê.

Die Wes-Kaap se klas van 2021 het met sy 81,2%- gemiddelde slagsyfer 1,3% beter as in 2020 gevaar en ook daartoe bygedra dat die landwye slaagsyfer met 0,2% verbeter het.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article