Soos die liedjie “Ek wil oud word saam met jou”, het juffrou Petra Jonkers jare gelede besluit sy wil by Grosvenor Primêr aftree.
Die skool het verlede maand sy 40ste verjaarsdag gevier, en Jonkers ook haar 40 jaar by die skool.
Terrence Adams, die hoof, sê Jonkers het ook haar eie kinders daar onderrig en vandag is hulle ook opvoeders daar.
Jonkers vertel: “Ek het in my 40 jaar by die skool reeds onder vyf skoolhoofde gedien. Ek onthou nog my eerste dag asof dit gister was. Ek het in 1982 as jong opvoeder by die skool aangekom.”
Dié 60-jarige onnie beplan om dalk later vanjaar af te tree. “Ek het nooit ’n behoefte gehad om by ’n ander skool te gaan skoolhou nie omdat ek net goeie verhoudings met die hoofde gehad het,” vertel sy trots. Adams se twee dogters, wat ook daar skoolhou, volg in haar voetspore. Hulle is uitgeknip hul ma en wil net hul werk doen en met kinders werk, wat hul passie is.


