Wyksraadslid Allister Lightburn het Donderdag (10 Februarie) ouers en hul kinders by Mamre Primêr as deel van die Stad Kaapstad se uitreik na ouers en kinders toegespreek.

Dit is deel van die Stad se maatskaplike ontwikkeling- en vroeëkinderontwikkeling-direktoraat se “family strengthening”-program.

Dié program duur agt weke en word in Mamre aangebied.

Lightburn het ouers bemoedig en aangespoor om hul kinders vir huistakies in te span en hulle bedank vir hul toegewydheid teenoor die program, wat op positiewe ouer-vaardighede en tegnieke, en veral op metodes vir positiewe dissipline fokus. Terwyl die ouers bemagtig word deur die beamptes van die Stad word die kinders ook bemagtig met huistake en ook opvoedkundige speletjies.

Lightburn sê hy is beïndruk met die huiswerktake wat beide ouers en kinders insluit en het beloof om nog programme Mamre toe te bring om sodoende inwoners – veral die jeug – verder te laat uitstyg.

“Liefdadigheid begin by die huis en as ons die waardes en tradisies van ’n historiese gemeenskap soos Mamre kan laat uitleef en behoue te laat bly en dit terugsit in ons nageslagte, het Mamre net ’n blink toekoms,” meen hy. “Die program is nou in sy vierde week en dit lewer goeie resultate tot dusver met die deelname van beide ouers en kinders.”

Lightburn het die beamptes wat die program fasiliteer – Terence Crowster en Ashley Vister – bedank dat hulle die program ’n sukses maak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article