John van Graan van Jomo Power op die aanval tydens die span se gelykop uitslag wedstryd teen Ajax Kaapstad op Robinvale sportveld Foto: David Rossouw


Jomo’s Power het op Saterdag (12 Maart) op die Robinvale-sportveld gelykop twee elk teen Cape Town Spurs gespeel.

Dit is nog te vroeg om te sê of Lonn Van Graan se blou span die relegasiespook gaan vryspring. Op die oomblik geniet hulle ’n vyfpunt-voorsprong bo Black Cats, Royal Blues en Gansbaai City. Hoewel Jomo’s Power verlede Sondag (6 Maart) drie waardevolle punte in Beaufort-Wes bygekry het, bly hulle op 13 in die agste plek in groep A.

Van Graan se span het hope kanse gehad, maar kon nie die uitklophou plant nie, en dit moet kommerwekkend vir hom wees. Hy kan egter tevrede voel met ’n paar spelers se posisionele spel – veral die jongelinge in die span.

’n Speler wat gewis die oog gevang het, was John “Jonty” van Graan, wat op die dag die beste speler op die veld was. Hy was met sy uitstekende lopies in die middelveld ’n doring in die vlees van Spurs wanneer hy op loop gegaan het.

Spurs het egter vroeg bloed geruik toe hy die eerste doel in die eerste helfte aangeteken het, maar ’n vryskop vyf meter buite die doelhok vir ontoelaatbare spel het die tuisspan die geleentheid gebied om die telling gelykop te maak. Spurs het egter onmiddellik teruggeslaan en die voortou geneem toe hy ’n maklike tweede doel met ’n kopskoot deur Casely Watson vir ’n voorsprong van 2-1 behaal het.

Die tuisspan het laat in die tweede helfte ’n vryskop in die 87ste minuut gekry en met Jonty op sy beste, het Spurs se doelwagter net na wind gegryp toe hy die bal suiwer in die net plaas. Van Graan se span sal egter sy verdediging moet opknap wanneer hy eerskomende Saterdag teen Grassy Park op William Herbert in Wynberg speel.

Dit is een van die knelpunte hierdie seisoen vir Jomo’s Power en hulle sal hierdie week op die oefenveld drasties daaraan moet werk.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article