President Cyril Ramaphosa het die Ramptoestand ná meer as twee jaar opgehef.Foto: Verskaf


President Cyril Ramaphosa het Maandagaand 4 April die land oor die jongste verwikkelinge rakende die Covid-19-pandemie toegespreek.

Ramaphosa het aangekondig dat die nasionale ramptoestand, wat reeds langer as twee jaar duur, tot ’n einde sal kom sodra die Staatskoerant die aand gepubliseer is.

Die hersiene gesondheidsmaatreëls sal (vir 30 dae) geld nadat die nasionale ramptoestand verstryk het.

Die tydsverloop volg om die publiek se kommentaar aan te hoor, te oorweeg en dan verskeie departemente genoegsame tyd te gee om die wetgewing af te dwing na die implementering van ’n “oorgangsfase”.

Die volgende maatreëls geld steeds vanaf middernag:. Jy sal steeds binnemuurs ’n masker moet dra. Jy hoef nie ’n masker te dra vir byeenkomste buitemuurs nie. . Indien jy in die toekoms ’n sportwedstryd of enige ander byeenkomste wil bywoon, moet jy ’n negatiewe Covid-19-toetsuitslag (nie ouer as 72 uur nie) óf ’n volledige inentingsertifikaat toon. . ’n Beperking van 50% van persele se beskikbare kapasiteit geld (met ’n beperking tot 1 000 mense binne en 2 000 buite).. Indien jou Covid-19-toets met jou aankoms in Suid-Afrika positief is, sal jy vir 10 dae moet afsonder.. Die R350- sosiale toelaag bly van krag.. Alle ander regulasies soos self-isolering en inperkingsvlakke val om middernag weg.. Diegene wie se gesondheid ernstig geraak is weens enige entstowwe wat toegedien is, sal vergoed word met ’n skema wat nadat die nasionale ramptoestand verval het, sal voortduur.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article