. Geen erkende organisasie of instelling sal jou versoek om sensitiewe inligting soos jou bankbesonderhede, PIN-nommer of ID-nommer aanlyn te verskaf nie. . Moenie op enige skakels klik wat via e-pos of per SMS aan jou gestuur is nie. Moenie enigsins op hierdie e-posse of SMS’e reageer nie. . Moenie blindelings alles glo wat aan jou gestuur word nie. . Tik altyd self die URL (uniform resource locator) – soos jou bank se naam – in die webblaaier as jy aanlyn bankdienste gebruik. . Maak 100% seker jy is wel by jou bank se webtuiste voordat jy enige persoonlike inligting intik. . Moet onder geen omstandighede jou OTP (eenmalige wagwoord) telefonies aan enigiemand verskaf nie. . Vind eers alles uit oor ’n sogenaamde handelaar wat iets op die internet verkoop voordat jy enige geld aan hulle betaal. .As ’n winskoop, aanbieding of werk te goed klink om waar te wees, is die kans vir bedrog groot.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article