Om ’n meer volhoubare of “groen” lewe te lei, gaan nie net oor die vermindering van ons koolstofvoetspoor nie – dit gaan ook oor kostebesparing.
Een van die grootste wanopvattings oor ’n groener leefstyl is dat dit baie duur, tydrowend en moeilik is om te volhou. Dit is glad nie waar nie.
Inteendeel – die gebruik van tuisgemaakte hernubare hulpbronne kan meer kostedoeltreffend as winkel-produkte wees.
Baie winkel- huishoudelike skoonmaakprodukte word van gevaarlike en giftige bestanddele gemaak, wat tot velirritasies, hoofpyn en vergiftiging kan lei as dit per ongeluk ingeneem word.
Om oor te skakel na ekovriendelike en natuurlike skoonmaakprodukte is een van die beste maniere om die skadelike uitwerking op die omgewing, te bekamp.
Tuisgemaakte eko-produkte is veilig, bio-afbreekbaar, nie giftig nie en volhoubare verpakking word gebruik, wat beter is vir die planeet en omgewing.
Hier is ’n paar idees van eko-vriendelike produkte wat nie net goed sal skoonmaak nie, maar ook jou impak op die omgewing sal verminder:
Koeksoda
As jy net een bestanddeel kan koop om jou huis skoon te maak, is koeksoda dié een om te koop.
Koeksoda is een van die beste natuurlike skoonmaakprodukte aangesien dit vir ’n wye reeks huishoudelike skoonmaaktake gebruik kan word. Dit kan gebruik word om alles skoon te maak – van oppervlakke tot oonde en selfs skottelgoed.
Gebruik dit saam met asyn om selfs die hardnekkigste ghries skoon te maak. Dis so eenvoudig as om dit met ’n bietjie water te meng om ’n pasta te maak wat dan gebruik word om skottelgoed, wasbakke of oppervlakke in die kombuis mee skoon te maak.
Koeksoda sal ook jou klere skoon was. As jy die sagte geure van skoon klere geniet, voeg dan ’n bietjie organiese seep by die oplossing of ’n paar druppels essensiële olies.
Badkamer- en toiletskoonmaker
Gooi ’n paar druppels teeboomolie en ’n bietjie asyn in die toiletbak. Dit maak nie net die toilet skoon nie, maar dit ruik ook heerlik. Vul ’n spuitbottel met gelyke dele water en asyn om die perfekte badskoonmaker te skep.
Appelasyn
Appelasyn is ’n natuurlike ontsmettingsmiddel.
Dit maak skoon soos ’n alledaagse skoonmaakmiddel. Meng ’n oplossing van gelyke dele water en asyn en jy het ’n oplossing wat die meeste plekke in jou huis sal skoonmaak. Pasop net vir onbehoorlike verdunde asyn – dit is suur en kan die vulsel tussen teëls wegvreet.
Moenie bekommerd wees dat jou huis na asyn sal ruik nie. Die reuk verdwyn wanneer dit droog word.
’n Asyn-oplossing kan gebruik word om die bad, toilet, wasbak, werkblad, spieëls en vensters skoon te maak.
Jy kan ook die badkamervloer daarmee was. Gebruik suiwer asyn in die toiletbak. Asyn sal seepskuim en watervlekke op toebehore en teëls wegvreet en dit blink en mooi laat. Maak die stoofblad skoon met gelyke dele asyn en water.
Dit is maklik om sien niemand hoef skadelike huishoudelike skoonmakers wat in plastiek verpak is, in die huis te gebruik nie.
Natuurlike skoonmaakmiddels is goedkoop en geredelik beskikbaar.
Ekovriendelike skoonmaakprodukte verminder nie net lug- en waterbesoedeling nie, maar help ook om osoon-uitputting en klimaatsverandering te bestry. Die beste deel is dat dit goedkoop en maklik beskikbaar is.
So, waarvoor wag jy?. Besoek www.atlantissez.co.za (e-pos hello@atlantissez.co.za) vir nog inligting.Verwysings:

