(Verhaal vervolg van vorige uitgawe van Weskus Nuus van Dinsdag 31 Januarie)

Jong, dis duur wyn. Dis kaas; dis wit sous. Ek’t eens op ’n tyd somer vir my vrou gesê kom ons loop doen jou hare en jou naels. Mar ek was toe spyt, want lyk sy kompleet soos ’n budgy; anyway, disi die pint nie. Man, die geld is toe op en daar staan die TV. Ons almal weet mos mar hoekom van Januarie elke jaar ons, en nou hy my gevang. Dis droogte, daarsi kos nie. Die kinners se skool-goeitjies moet gekoop word. En my vrou beslyt toe yt die goedheid van haar hart dat ons mos maar die TV solank moet loop ingee by Cash Crusaders da kan ons mar hom weer loop haal want dis mos daam ons eiendom. Man ek dink ok, dis ’n goeie plan en ons sit af met die TV. Dis nes ons die geld gekry het en daar bel die verkoopsvroutjie en sê ek moet onmiddellik die eerste paaiement betaal aners kom haal hulle die TV. Goeie genade, ek begin sommer sweet van angs. Toe ek die foon neersit en so in die verte sta staar van moedeloosgeit kom Gielie ok netso moedeloos om die draai. Hy sê toe hy’t ’n foonoproep gekry van Lewis wat sê hulle is op pad om sy TV te kom haal want hy moet ok betaal.

Hy sê toe, “jong, ka eki mar my TV solank daar by jo sit nie? Met die… as hulle daar kom, da sê ek net nee, die ding is gesteel”. Ek stem toe in en ons gan haal toe sy TV by sy huis en kom sit hom hier by my huis. Jong, ons het nog nie eers die ding ingeplug nie en hier’s die Lewis-bakkie. Hulle sê hulle is hier vir die TV. Gielie wou toe nog sê nee, mar dis sy TV, mar kry toe gedagte dat hulle mos dan die ding anyway moet kom haal en daar sta en kyk ek en Gielie hoe word sy TV yt my wendyhuis gedra. My vrou is toe heel verward met die storie, want hoekom kom haal hulle Gielie se TV hier by ons? En ek sê toe net, nee, my skat; die mense is mar so. Hulle het seker gesien ons dra die TV van Gielie se huis af. Nou is my TV by Cash Crusaders. Gielie wonner ok toe waar’s my TV dan. Ek en Gielie drink gou eers vyf biere da gat ons gou hier op poliesiestasie toe. Ek weet ’n biekie meer as Gielie van die saak, maar ek maak of eki weeti. Maar ek gaan skelmpies a biekie minner drink as hy, en as ons daar kom da sê ek net hy’s dronk, Mr Poliesieman. Sluit hom op.

Gelukage nuwe jaar aan almal. En wens almal ’n suksesvolle jaar toe.

Koebaai.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article