Verskeie voorskoolse organisasies en wykraadslid Allister Lightburn het uitdagings wat verskeie organisasies in sy wyk ervaar, bespreek. Foto: Murphy Roberts


“Ons moet die uitdagings wat voorskoolse onderrig ervaar, die hoof bied en probeer oplossings vind.”

Só het raadslid Allister Lightburn Dinsdag 18 April aan verskeie voorskoolse organisasies gesê toe hy en nege organisasie in sy wyk vergader het om die uitdagings te bespreek.

Volgens Lightburn is die vergadering op versoek van wykskomiteelid vir onderwys, Melanie Andrews, aangevra.

Andrews sê voorskoolse onderrig het baie uitdagings en sy glo die raadslid kan met baie daarvan help.

Volgens dié twee is van die grootste uitdagings die hersonering van grond, bouplanne wat lank neem, noodhulp en veiligheid en perseptuele opleiding word baie dringend benodig vir plaaslike skooltjies.

Andrews het ook die instansies vir hul volgehoue ondersteuning en samewerking om die sektor na groter hoogtes te neem, bedank.

Lightburn het aan die instansies voorgehou waarvoor wykfinansiering gebruik mag word en sal saam met Andrews werk om beamptes van die verskillende lyndepartemente te nader om oplossings te help vind vir die uitdagings wat deur die instansies uitgelig is.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article