Die Kazoku-Seiwakai Karate klub het 13 medaljes by die Westelike Provinsie / Unicity ope- en ontwikkelingskampioenskap in Kaapstad ingeoes.Foto: Verskaf


Die Kazoku-Seiwakai Karateklub van Atlantis het onlangs aan die Westelike Provinsie / Unicity ope- en ontwikkelingskampioenskap in Kaapstad deelgeneem. Volgens Sesei Alfphonso Afrika het 10 van sy studente aan die kompetisie deelgeneem en 13 medaljes huistoe gebring. Sensei vertel ook twee van die studente, Armani Afrika en Elreza Mckenzie, het elk twee goue medaljes ingeoes.

Die Kazoku-Seiwakai Karateklub het 8 goues-, 1 silwer- en 4 bronsmedaljes in die kompetisie gewen om Atlantis op die kaart te sit.

Alfonso sê almal is steeds welkom om aan te sluit by die klub en vra belangstellendes om gerus kontak met hom te maak by 072 027 3772. Die klub oefen elke Maandag by die veeldoelige sentrum in die industriële gebied.

Die wenners is Armani Afrika (twee goues), Samuel Nano (goud), Zaylin Sauls (goud en brons), Deonae Julius (goud en silwer), Elreza Mckenzie (twee goues) Zachary Berlin (brons), Montell Blankenberg (afrigter; brons), Zia Gago (brons) en Nic-Carlo Nyssen (goud).

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article