Vroue van Atlantis is Saterdag 19 Augustus deur die organisasie “Root304 for Women” by die Atlantis-duine onthaal. Foto: Murphy Roberts


Verskeie organisasies, ondernemings en departemente het die skoner geslag die afgelope Vrouemaand vereer en bederf.

Suid-Afrika vier Vrouemaand elke jaar in Augustus, waar hulde gebring word aan die meer as 20 000 vroue wat op 9 Augustus 1956 na die Uniegebou opgeruk het in protes teen die uitbreiding van Paswette na vroue.

Vanjaar is die 67ste herdenking.

“Vrouemaand stel ons in staat om te bepaal hoe ver ons gekom het om die samelewing te transformeer – veral die transformasie van ongelyke magsverhouding tussen vroue en mans, terwyl hulle ook fokus op geslagsonderdrukking, patriargie, seksisme, rassisme, ouderdom, strukturele onderdrukking en die skep van ’n bevorderlike omgewing wat vroue in staat stel om beheer oor hul lewens te neem,” verduidelik die nasionale regering.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article