Die polisie het dwelms en kontant in ’n wit Quantum-voertuig gevind nadat inligting uit die gemeenskap ontvang is.Foto: Verskaf


Hoewel baie inwoners nie die polisie vertrou nie, neem baie die polisie nog in hul vertroue.

Só sê kapt. Lisa Munro, ’n plaaslike polisie­woordvoerder, wat meen dit is bewys toe die polisie Woensdag 13 September inligting ontvang het dat ’n wit Quantum-voertuig dwelms vervoer. Volgens Munro het lede van die plaaslike misdaadvoorkomingseenheid die inligting opgevolg. Sy verduidelik die voertuig is in Sherwoodstraat voorgekeer en deurgesoek. Die polisie het 100 Mandraxtablette en 20 tik-bankies gekry. Volgens Munro is ’n versteekte skoendoos vol geld ook in die voertuig gevind en die bestuurder is weens vermeende dwelmhandel in hegtenis geneem.

Kol. Cyril Nkuna, stasiebevelvoerder, sê sommige inwoners glo wel in die polisie en daarom word inligting steeds aan die polisie deurgegee. Hy moedig inwoners aan om die polisie se oë en ore in die gemeenskap te wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article