Shannon Stoffels van Saxonsea is die dorp se slimste met haar 79,2%.Foto: .Murphy Roberts


Saxonsea Sekondêr het weer stof in die oë van ander plaaslike hoërskole geskop.

Dié skool, wat reeds die afgelope paar jaar die dorp se topskool is, het ook hul algehele slaagsyfer met 4,6% tot 94,6% verhoog.

Saxonsea Sekondêr het ook verlede jaar die dorp se topleerder opgelewer.

Robinvale Sekondêr het ten spyte van ’n 0,9%-daling in sy slaagsyfer die tweede plek behaal hoewel sy slaagpersentasie tot 85,1% gedaal het.

Proteus Sekondêr het ten spyte van ’n groot daling van 14,3% in sy slaagsyfer teenoor verlede jaar se syfers steeds die derde plek behaal.

Atlantis Sekondêr, ook bekend as nommer 1, se styging van 2,7% is dalk ’n teken dat die skool sy naam gestand wil doen om weer die topskool in die dorp te word.

Dié vier skole se topleerders was van die skoner geslag en het stof in die manlike matrikulante se oë geskop.

Nie een seun is vanjaar as enige van die plaaslike hoërskole se toppresteerders aangewys nie.

Met die harde werk wat reeds vir die nuwe matrikulante begin het, is hoofde trots op wat hul skole in 2023 bereik het.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article