Dit is amptelik – die verdagte wat hom as ’n dokter, fotograaf, model-agent, fiksheidsinstrukteur en selfs lesbiese vrou op sosiale media voorgedoen en sodoende slagoffers geteiken het, sal op 22 Februarie moet verduidelik.
Die voormalige rugbyafrigter, wat van verkragting aangekla word, het op 26 Januarie in sy tussenverhoor gehoor sy verhoor begin en bewyse is toe aan die verdagte en sy regspan gewys. Die saak, wat nou reeds byna vier jaar sloer, het op 7 November 2023 begin vorm aanneem toe die landdros wat die saak aanhoor, gal gebraak het.
Die landdros het die verdagte hard aangespreek en gesê dit is tyd dat hy verantwoordelikheid moet aanvaar en sy onskuld moet bewys omdat die saak reeds so lank sloer. Die verdagte, wat aandagtig na die skrop geluister het, het egter aan die landdros gesê hy is gereed en het sy prokureurs vir die vertraging met die saak blameer.
Die verdagte is in Maart 2020 by sy werk aangekeer toe ’n 16-jarige vermeende slagoffer alarm gemaak het.
Die landdros wou ook by die verdagte weet hoekom hy reeds vyf prokureurs in dié tyd gehad het, waarop hy net die prokureurs blameer het.
Die verdagte het tans ’n Judi Care-prokureur en moes hoor dat hy nou ’n kans het om sy onskuld te bewys.

