Die Atlantis-polisie het vinnig reageer op klagtes en op dié vuurwapen beslag gelê.Foto: Verskaf


Die Atlantis-polisie doen alles moontlik om die gebied veiliger te maak.

Só sê kapt. Lisa Munro, ’n polisiewoordvoerder, nadat die polisie op nog twee vuurwapens beslag gelê het.

Volgens Munro het die polisie ook verskeie verdagtes met verskeie gevaarlike wapens aangekeer en talle is ook met dwelms betrap. Volgens Munro het die plaaslike misdaadvoorkomingspan om bendegeweld in die gebied hok te slaan onlangs ’n stop-en-deursoek-optrede in Sherwoodpark uitgevoer.

Die optrede op Vrydagaand 15 Maart het gelei tot die inhegtenisneming van ’n 30-jarige man van Strand, wat met ’n onwettige vuurwapen betrap is nadat hy nie ’n lisensie vir die vuurwapen kon toon nie, sê sy.

Volgens Munro het lede van die polisie Saterdag 16 Maart vinnig reageer oor ’n klagte oor gesinsgeweld in Robinvale. Volgens Munro is ’n 23-jarige vir die rig van ’n vuurwapen aangekeer. Volgens die kommunikasiebeampte het die polisie op die vuurwapen beslag gelê.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article