Die liggaam van sers. Aidan Mahoney word verwyder van die toneel waar hy met sy eie dienspistool doodgeskiet is nadat hy en ‘n kollega op ‘n klag van gesinsgeweld reageer het. Foto: Murphy Roberts


“Ons gaan nie ophou soek tot ons hom kry nie.”

Dit was die woorde van kapt. Lisa Munro, polisiewoordvoerder van die Atlantis-polisiekantoor terwyl daar steeds wyd gesoek word na die verdagte verantwoordelik vir die dood van sers. Aidan Mahoney (44).

Die vermoorde sers. Aidan Mahoney.

Die vermoorde sers. Aidan Mahoney. Foto: verskaf

Mahoney is Woensdagmiddag (17 April) met sy eie dienspistool in Mamre doodgeskiet. Volgens Munro het die polisie ’n klagte van gesinsgeweld in Klapmutsstraat ontvang waarop Mahoney en sy kollega reageer het. Munro sê Mahoney het sy kollega gevra om by die agtervenster te wag net ingeval die verdagte probeer ontsnap.

Die verdagte het egter Mahoney na bewering oorrompel en van sy dienspistool beroof voordat hy die polisielid twee keer geskiet, en ook op die ander lid losgebrand het. Hy het daarna te voet gevlug.

Volgens omstanders op die toneel is die verdagte ’n bekende tikkop wat gereeld sy suster aangerand het en by wie die polisie al verskeie kere besoek by dié betrokke adres afgelê het.

'n Grootskaalse soektog is na die verdagte van sta

‘n Grootskaalse soektog is na die verdagte van stapel gestuur. Foto: Murphy Roberts

Emosionele familie van Mahoney wou ten tye van die beriggewing nog nie met die media praat nie. Volgens Munro het die verdagte met die dienspistool gevlug en is hy gewapen en gevaarlik.

'n Grootskaalse soektog is na die verdagte van sta

Die liggaam van sers. Aidan Mahoney word verwyder van die toneel waar hy met sy eie dienspistool doodgeskiet is nadat hy en ‘n kollega op ‘n klag van gesinsgeweld reageer het. Foto: Murphy Roberts

Klagtes van moord, poging tot moord en roof van ’n vuurwapen word ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article