’n Bekende rugbyafrigter wat hom as ’n dokter, fotograaf, model-agent, fiksheidsinstrukteur en selfs lesbiese vrou op sosiale media voorgedoen en sodoende slagoffers geteiken het, se verkragting­saak gaan in die Kaapse-streekhof voort.

Die verdagte het met sy laaste verskyning op 27 Mei slagoffers na hul asem laat snak toe hy die hof meedeel hy verstaan nie Engels nie en aangedring het op ’n Afrikaanse tolk. Die hof kon egter nie betyds ’n Afrikaanse tolk opspoor nie en die saak is tot Woensdag 12 Junie uitgestel.

LEES: Oud-rugbyafrigter se saak oor kinderporno uitgestel

Die verdagte, wat reeds verskeie vertragingstaktiek in die Atlantis-streekshof probeer het, se saak is reeds meer as drie jaar op die rol. Hy is ook verlede November in ’n verskyning deur die landdros geroskam dat hy verantwoordelikheid moet aanvaar en sy onskuld bewys. Die verdagte het toe sy verskillende prokureurs blameer omdat die saak sloer.

Slagoffers en familie is gefrustreerd omdat hulle nou na Kaapstad moet reis.

Die man is in Maart 2020 by sy werk aangekeer toe ’n 16-jarige slagoffer alarm gemaak het. Die verdagte het vroeër aangevoer daar is geen bewyse van sy dade nie en dit is net hoorsêgetuienis. Die staat het egter die teendeel bewys toe die verdagte en sy vorige regsverteenwoordiger met sy verskyning Donderdag 2 Desember verlede jaar die bewyse teen hom gesien het nadat die saak reeds telkemale vir dié doel uitgestel is. Die verdagte is op 29 Julie verlede jaar weer aangekeer nadat nog ’n klaer ’n klagte van verkragting teen hom aangemeld het en hy verskyn dus op verskillende aanklagte van verkragting.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article