Die Atlantis- spesiale ekonomiese sone (Asez) toon steeds merkwaardige vooruitgang in die ontwikkeling van Sone 1, met siviele konstruksie wat doeltreffend vorder en talle mylpale wat bereik word. Hierdie opdatering bied ’n omvattende oorsig van die huidige status, insluitend voltooiingspersen­tasies, betrokkenheid van klein, medium en mikro-ondernemings (KMMO’s), werkskepping en ander kritieke inligting wat relevant is tot die projek.

KMMO-betrokkenheid en vooruitgang

Die Asez- Sone 1 het aansienlike pogings aangewend om plaaslike ekonomiese groei te bevorder deur aktief meer as nege KMMO-pakkette te betrek. Hierdie inisiatief beklemtoon ons verbintenis om klein ondernemings te ondersteun en plaaslike ekonomiese ontwikkeling te dryf. Iets wat noemenswaardig is, is dat twee van hierdie KMMO-pakkette ten volle voltooi is, wat die doeltreffendheid en toewyding van die betrokke ondernemings weerspieël. Die insluiting van KMMO’s in die projek staan tans op 34%, wat die minimum teiken van 30% oorskry en ons verbintenis tot die integrasie en ondersteuning van klein ondernemings illustreer.

Algemene vooruitgang

Tot nou staan die algehele voltooiings­persentasie van Sone 1 op ’n indrukwekkende 65%. Hierdie beduidende mylpaal is bereik met 394 uit 419 dae wat verstryk het. Die vooruitgang sluit substansiële vordering in verskeie pakkette in, wat die gesamentlike pogings van alle betrokke partye toon. Die omheiningsprojek staan op byna 95% voltooi, terwyl ander pakkette, soos strooistabilisasie [wanneer die strooi van hooibale op los grond gegooi word om te keer dat sand rondwaai], ook noemenswaardige vordering maak. Dit is egter belangrik om te beklemtoon hoewel die meeste pakkette bo 60% voltooi is, staan padkonstruksie tans op 15% en bouwerk van die wagkamer en pompkamer is minder as 10% voltooi.

Werkskepping en werksmag-samestelling

Die Asez- Sone 1-projek het 263 werksgeleenthede geskep, wat sy positiewe uitwerking op plaaslike indiensneming wys. Van hierdie poste is 121 deur inwoners van die groter Atlantis gevul, terwyl 111 deur individue van buite die gebied opgeneem is. Die werksmag bestaan uit 250 mans en 13 vroue, wat ons voortdurende pogings tot inklusiewe indiensneming weerspieël. Dié beduidende aantal werksgeleenthede wat geskep is, beklemtoon die projek se rol in die verbetering van die sosio-ekonomiese landskap van die streek.

Gevolgtrekking

Die vooruitgang van Asez- Sone 1 beklemtoon die gesamentlike pogings en toewyding van alle betrokke partye – van KMMO’s tot individuele werkers.

Die doeltreffende vooruitgang van die projek en die noemenswaardige mylpale wat tot dusver bereik is, beklemtoon ons verbintenis tot die suksesvolle voltooiing van die projek terwyl ons die plaaslike voordele tot die maksimum ontwikkel.

Namate ons uitsien na voortgesette vooruitgang, bly ons toegewyd om plaaslike ekonomiese groei te bevorder, klein ondernemings te ondersteun en werksgeleenthede te skep.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article