Naasif Abrahams (46) van Vineyards-rugbyklub het Saterdag 29 Junie gesterf tydens ’n WP Superliga B wedstryd tussen Hamlets van Mamre en Vineyards van Paarl in Mamre.Foto: Verskaf


Hy het gesterf vir wat hy die liefste het; vir die klub wat hy die liefste gehad het.

Só het rugbyspelers en ondersteuners van die Vineyards-rugbyklub Saterdag 29 Junie in Mamre gesê nadat Naasif Abrahams (46) van Vineyards tydens ’n WP- Superliga B-wedstryd tussen Hamlets van Mamre en Vineyards van Paarl gesterf het.

Volgens die klub se voorsitter, Riefaat Meyer, het hy laat daar aangekom, maar verneem Abrahams het tydens die derdespanwedstryd as plaasvervanger teen die einde van die wedstryd opgedraf.

Volgens Meyer was hy nie lank op die veld nie toe hy, nadat hy geduik is, inmekaargesak het. Meyer sê hy is meegedeel Abrahams het langs die veld gesterf nadat hy slegs twee minute op die veld was.

Spanmaats van Abrahams het gesê alles was nog reg en hy het opgestaan ná die duikslag, maar kort daarna inmekaargesak.

Meyer het ook gesê Abrahams, wat deel van die derdespan se afrigtingspan was, het volhard om die laaste paar minute as plaasvervanger op te draf. Meyer het aan Weskus Nuus gesê “dit is nie net ’n speler of lid wat ons verloor het nie”.

“Ons het ’n ware ambassadeur van die klub verloor. Hy is reeds sedert sy tienerdae by Vineyards betrokke.”

Volgens kapt. Lisa Munro, ’n polisiewoordvoerder, is ’n geregtelike doodsondersoek geopen.

Geen misdaad word vermoed nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article