Die raadslid Moosa Raise (middel) en Allister Lightburn (links) by amptenare van die Amateur-boksfederasie tydens die oorhanding van toerusting. Foto’s: Murphy Roberts


Die Atlantis-boksklub het Saterdag sy eerste plaaslike bokstoernooi in die Rebekka van Amsterdam-saal in Proteapark aangebied. Amateur-boksers van verskillende klubs in die Kaap het die geskiedkundige toernooi hier bygewoon.

Volgens die raadslid Moosa Raise is die toernooi uit sy wyktoelaag aangebied, waaruit hy ook bokstoerusting aan die klub oorhandig het. Hy sê dit is ’n sportsoort wat meer aandag moet kry.

“Dit was regtig ’n riem onder die hart om te sien hoe die jongspan hulle geniet.”

Die toernooi is deur verskeie amptenare van die WP-amateur- boksfederasie bygewoon. Volgens die twee plaaslike raadslede kan die sport gewis kinders uit die strate hou en hulle het beloof om meer geld daarin te belê.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article