Vrouedag is verlede week met verskeie gesellighede gevier. Die Atlantis-polisie se evasgeslag het mekaar in die Robinvale-sportsaal bederf.
Volgens Lisa Munro, een van die organiseerders, het die vroue van die stasie net besluit om mekaar te bederf om te wys hul gee om vir mekaar. Die span het lekkernye geniet en drukkies onder mekaar uitgedeel.
Volgens die wyksraadslid Moosa Raise (wyk 32) is Vrouedag ’n belangrike dag op die kalender. Elke dag moet Vrouedag wees, het hy gesê.
Die rede vir die geleentheid was om aan vroue te wys hulle word waardeer. Die gasspreker Joline van der Merwe, voormalige redakteur van Weskus Nuus, het die vroue toegespreek oor hoe om ’n sakeonderneming suksesvol te bedryf – veral wat administrasie betref.
Verskeie organisasies en ondernemings het hulle laat geld en voel dinge kan met meer ondersteuning net beter gaan.




