Ouers het die reg om te weet of hul kinders veilig by die skool is.

Dit is die woorde van ’n ouer wat ongelukkig is oor beweerde bedrywighede by ’n skool in Atlantis. Die ouer wil weens veiligheidsredes nie sy naam genoem hê nie.

“My kind het onlangs baie getraumatiseerd by die huis vertel hoe onveilig leerders by die skool voel oor bendebedrywighede”. Volgens die pa het sy seun vertel hoe bendebedrywighede soos normaal voortgaan asof dit ’n vak by die skool is.

“Wat my egter omkrap is toe ek die volgende dag navrae gaan doen het was die onderwyser baie beledigend en dreigend teenoor my. Hy vertel verder “die juffrou het gesê ek moet nie bollie praat nie en het ook gesê ek sal sien wat ek oorkom.

“Ek is die volgende dag weer terug skool toe om die juffrou te verkla by die hoof,” vertel hy. Die pa vertel dat die hoof wel erken het daar is uitdagings by die skool en het ook erken dat ’n leerder met ’n vuurwapen en lewendige ammunisie op die skool betrap is.

Intussen het nog ’n skool op sosiale media gesê gerugte van bendebedrywighede op die skoolterrein is onwaar. Ouers van leerders by die skool het egter gesê die skool moet ophou om die waarheid weg te steek. Die Wes-Kaapse departement van onderwys het nog nie op Weskus Nuus se navrae reageer nie maar dié publikasie sal dit bywerk sodra dit ontvang word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article