Tertius Simmers saam met plaaslike raadslede en opvoeders tydens die oorhandiging van die 15 skootrekenaars aan Mamre Primêr. Foto: Murphy Roberts


Die Wes-Kaapse minister van infrastruktuur, Tertius Simmers, het verlede Dinsdag (22 Oktober) 15 skootrekenaars en meubels aan Mamre Primêr oorhandig. Volgens Simmers is dit deel van sy uitreikingsprogram wat sy departement met hul “67 minute vir Mandela”-dag begin het.

Volgens Simmers het die program egter ná Mandela-dag voortgegaan.

Ruben Abels, die hoof van die skool, sê die rekenaars hou ’n groot voordeel vir die leerders van die skool in. Hy het die minister verseker dat leerders danksy die rekenaars beter vir die toekoms voorberei kan word.

“Ons wil ook seker maak dat ons leerders beter inwoners van ons dorp en die groter provinsie kan word,” het Abels afgesluit.

“Dit is ’n projek wat nog baie gemeenskappe kan bevoordeel en ons sal gewis voortgaan met wat ons doen. Dit is die departement van infrastruk­tuur se fokus om infrastruktuur te skep wat gemeenskappe bevoordeel en bemagtig,” het Simmers afgesluit.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026
    WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026

Gift this article