Die kapteins van die 24 spanne wat Saterdag gaan probeer om hul hande op die gesogte trofee en vet prysgeld te kry, saam met die organiseerders van die toernooi tydens die bekendstelling van die toernooi Saterdag in die Mamre-skoolsaal.Foto: Murphy Roberts


Die derde OK Mamre-gemeenskaps-7’s-toernooi beloof om Saterdag opwindende rugby op te dis en kan selfs ’n nuwe kampioen oplewer.

Die vier plaaslike spanne – Atlantis, Mamre, Young Hearts en Hamlets – het almal drome om hul hande op die wentrofee en R30 000-prysgeld te sit.

Mamre, die eerste wenner van die toernooi, sê hulle is gereed om weer so te maak.

Volgens Edwill Okkers, die kaptein van Mamre, is hulle beter voorberei as verlede jaar. Hy sê hulle het verlede jaar as verdedigende kampioen reeds vroeg uitgeval, “maar ons het dit verwag”, vertel hy. Volgens Okkers moes hulle ’n week voor die toernooi nog hul laaste top-12-wedstryd speel en het dus nie tyd gehad om hulle vir die toernooi voor te berei nie.

“Vanjaar is dit anders en ons is gereed om weer die kampioen te wees.”

Volgens Ruben Burger van St. Georges, die verdedigende kampioen, is hulle slaggereed om hul titel te verdedig.

St. Georges, wat verlede week ook die Score-7’s gewen het toe hulle Tygerberg in die eindronde verslaan het, sê hul teenstanders sal “alles moet uithaal” om hulle te keer.

Burger het egter gesê een van die spanne wat hulle dink goed sal doen, is Atlantis.

St. Georges het nuwe respek vir Atlantis omdat hulle tydens die Score-top-16-wedstryd diep moes delf.

“Wat ons gedink het gaan ’n maklike wedstryd wees, het byna in ’n nagmerrie vir ons ontaard en ons beste spelers moes die wa vir ons deur die drif trek,” vertel hy.. Die groepbepalings is Kuilsrivier t. Hillcrest, Roses t. Ladismith, Moorreesburg t. Kuilsrivier, Young Eagles t. Roses, Hillcrest t. Moorreesburg, Ladismith t. Young Eagles, Piketberg t. Atlantis, Kylemore t. Pniel Villagers, Mamre t. Piketberg, Macassar t. Kylemore, Atlantis t. Mamre, Pniel Villagers t. Macassar, Belhar t. Caledon, St. Helenabaai t. St. George’s, Young Hearts t. Belhar, Goedverwacht t. St. Helenabaai, Caledon t. Young Hearts, St. George’s t. Goedverwacht, Wesbank t. Darling, Safcol t. Fisantekraal, KSUT t. Wesbank, Hamlets t. Safcol, Darling t. CPUT en Fisantekraal t. Hamlets

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article