Die gewilde Stellenbosch-wynfees bied wyn- en kosliefhebbers op Vrydag 1 en Saterdag 2 Augustus die geleentheid om deel te wees van ‘n rondloopproe by die Eikestad se historiese stadsaal.
Die fees is deel van een van die land se grootste leefstylvierings van wyn, Wine Town Stellenbosch, wat van Saterdag 26 Julie tot Sondag 3 Augustus gehou word. Kaartjies vir die Stellenbosch-wynfees
is nou te koop.
Die fees bied die perfekte geleentheid vir gaste om meer as 200 wynvariëteite van meer as 50 van die land se voorste produsente te proe, waaronder Simonsig, Alto, Spier, Rust en Vrede, Blaauw- klippen, Kleine Zalze, Raats Familie, Hidden Valley en De Meye.
Die gewilde weelderige weitafel met eindelose, sei- soenale en plaaslike happies en lekkernye, wat deur die sjef Adel Grewar van die Bertus Basson-restaurantegroep opgetower is, is vanjaar weer daar. Dit bied klein bordjies tradisionele gunstelinge en ‘n buffet nageregte.
Vermaak in lewende lywe sal tot die skouspel bydra.
Die fees word Vrydag van 17:00 tot 21:00 aangebied en Saterdag van 14:00 tot 18:00. Kaartjies kos R550 elk aanlyn via Plankton en R600 by die deur.
Die koste sluit wynproe-bewyse, vermaak en toegang tot die weitafel in. Vir nog inligting, stuur e-pos na info@wineroute.co.za of skakel 021 886 4310.
WEN! WEN! WEN! Een gelukkige Eikestadnuus-leser het ‘n kans om ‘n stel dubbelkaartjies vir die Stellenbosch-wynfees te wen. Om jou naam in die hoed te gooi, voltooi die onderstaande vorm.
Die kompetitsie sluit Maandag 28 Julie om 13:00.



You must be logged in to post a comment.