Drie leerlinge aan Welkom-Gimnasium het op 12 Julie aan Acrobatic Sport South Africa (Assa) se danskompetisie by die Welkom- Italiaanse klub deelgeneem. Dié dansers het hier gekwalifiseer vir die Vrystaatspan wat van 24 tot 27 Julie in Pretoria aan die nasionale kompetisie deelgeneem het. Al drie is van The Dance Connection-dansateljee in Welkom, en dans onder die leiding van Elize Cogle en Ashlin Africa. Altesaam vyf dansers van die ateljee het gekwalifiseer. Van links is Tlhalefo Moathlodi, Candice Kleinhans-Bellringer en Alandri Krause. Afwesig: Luchey Steenkamp en Carrisa Rose Kapher (derde plek). Foto: Verskaf


Wys hul danspassies

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article