22 Augustus
Margit Meyer-Rödenbeck is te sien in Ouma is op pad by die Goudveld-Hoërskool in Welkom.
‘n Ouderdomsbeperking van 13 jaar geld. Die vertoning sal om 18:30 begin. Kaartjies kos R250 per persoon, wat ook ‘n ete insluit. ‘n Kurkfooi van R50 geld.
28 August
The last of six Anglo Gold Ashanti pension and medical aid meetings are held at the Welkom Retirement Village in Peridot Street (12:00 to 13:00) and Huis Oranje in Gimnasium Street (10:00 to 11:30).
Call Ronnie Barlow-Jones on 083 308 5530 for more information.

30 Augustus
Die NG Moedergemeente Riebeeckstad hou ‘n gholfdag by die Brand Mashie ten bate van die kerk.
Dit kos R200 per speler wat ook ‘n halfweg-ete sal insluit. Spelers slaan om 09:00 en 13:00 af en verskeie pryse is op die spel. Die formaat op die dag is IPS. Skakel 082 339 0939 of 083 725 3798 met navrae.
5 September
Die Vrystaat-versorging n Aksie bied ‘n Nag-gholf-geleentheid by die Wesselsbron-gholfklub aan. Dit kos R1500 per vierbal (maksimum 20 spanne). Talle pryse om te wen. Pannekoek sal te koop wees en daar sal vermaak vir kinders wees. Skakel 057 899 1198 of 079 617 1866.
6 September
NG Kerk Dagbreek hou sy Lentefees. Tradisionele kerrie-en-rys, hamburgers, worsrolle, poeding, koeldrank, koeke, pannekoek, braaivleis, koffie en tee sal te koop wees. Vermaak vir oud en jonk en skyfskiet en ‘n tombola-tafel. Rig navrae aan Piet Botha by 082 491 4052.
Algemeen
Inskrywings oor konserte, kuns- en leefstyl-werksessies, optredes van kunstenaars en gassprekers en ander geleenthede ten bate van nie-winsgewende organisasies word gratis in Vista se dagboek geplaas. Stuur inskrywings met inligting, asook kontakname en -nommers, na marti.will@novusmedia.co.za.




You must be logged in to post a comment.