’n Mylpaal is Saterdag (26/08) bereik toe Rita Massyn haar 250ste parkrun voltooi het. “Sy is ’n boorling van Odendaalsrus en lid van die Goudveld-multisportklub. Rita is die eerste atleet in ons omgewing om dié mylpaal te bereik,” sê haar man, marathon-legende Louis Massyn. Die eerste parkrun op Rita se kerfstok is gestap met die opening van die Ventersburg parkrun in Februarie 2017. Sedertdien het sy nog 167 parkruns oor die land heen voltooi en 82 in Welkom. Haar klub het ’n koek laat bak om dié mylpaal te vier.Foto: Verskaf


Vier soete mylpaal

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article