Marti Will

Die Hoërskool Trio van Kroonstad het die afgelope naweek van 12 April teen Welkom se Goudveld-Hoërskool in Kroonstad kragte gemeet.

Rugby

Met die rugby het Trio se eerste span as oorwinnaar uit die stryd getree, met ‘n eindtelling van 35 – 15.

Met die tweede en derde span se wedstryde was die eindtelling onderskeidelik 43 – 12 en 17 – 12.

Netbal

In netbal het Trio agt uit die 13 wedstryde gewen, maar Goudveld het as bobaas die eerste-, tweede- en derdespanwedstryde gewen.

As deel van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks het die HoërskoolTrio teen die Goudveld-Hoërskool in Kroonstad gespeel. Goudveld se eerste seunshokkiespan is 0 – 8 deur Trio geklop. Foto: Verskaf

Die eerstespantelling was 34 – 24, die tweedespantelling was 5 – 0 en die derdespantelling was 22 – 9.

Hokkie

Trio se seunshokkiespanne het in al hul wedstryde koning gekraai, met die eerste span se eindtelling 8 – 0.

In die meisieshokkie het Trio en Goudveld se eerste spanne met 1 – 1 gelykop gespeel, en Goudveld se tweede meisiesspan het vir Trio 5 – 0 geklop.

Aan die einde van die dag was sport die wenner, en ‘n goeie gees het tydens al die wedstryde geheers.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article